What Clients Saying
Sakkie Visser .284
Elton Burger se werk van Hoogstaande gehalte.
Ek jag nou reeds 37 jaar, maar was nooit vertroud met die kuns en wetenskap van herlaai nie. Dit is eers maar die laaste twee jaar dat ek begin leer het hoe om self te herlaai vir doeleindes van akkuraat skiet.
Ek en twee vriende het besluit om elkeen ‘n .284 te laat bou, wat bestaan uit van die beste saamgestelde dele wat ons ingevoer het.
Al die moeite om ‘n akkurate geweer te bou het ons nie gevrywaar van ‘n moeisame proses om dié tradisionele “wildcat”-kaliber se ladingontwikkeling te doen nie. Na verskeie probeerslae op die laaitafel, gevolg deur die skietbaan, was ons genoodsaak om professionele hulp in te roep.
Een volle dag verder met verstelling op verstelling en verdere verfyning, het Elton ons ladings finaliseer met gepaardgaande goeie groeperings.
Ek is hoogs tevrede met sy diens en professionalisme in beide uitvoering as kommunikasie. Ek sal hom sterk aanbeveel as jy jou lading, hoe moeilik ookal, wil perfek hê.
Selfs nadat hy sy werk voltooi het en ons verdere hulp nodig gehad het, het hy nie geskroom om die ekstra myl te loop nie!
Baie dankie Elton!
Groete Sakkie Visser
Ian Schultz 30-06 – FB
”Fantastic service -Professional. My 30-06 was all over the place and no matter what I did I couldn’t get it to group. Got to hear of Elton and took my rifle to him. After many hours of “tinkering” he bedded it, and got the sweetest load developed that now groups sub moa. What I aim at I hit and now am shooting 300m plus which I wouldn’t have dared to attempt prior to spending time with Elton.
Thanks Elton for restoring my faith in my trusty 30-06…… see you soon with the 338 and the 6.5 😀😀 “
Johan Henning 30-06 FB
” Elton baie baie dankie dat jy my gehelp het om my 3006 van n haelgeweer na n skerpskutter geweer te ‘verander’ . so vinnig , so effektief. Altyd beskikbaar 24/7 daarna vir vinnige raad hier en daar. Kennis en Diens – bobaas ! “
Heinrich Schreuder 308 – FB
Flink diens, netjies, vinnig en akkuraat. 2 x 308 lading ontwikkeling gedoen. Skiet soos n droom met n 0.3 moa op 200m. Dankie Elton vir n goeie eindproduk.
Johan Louw – FB
“Uitstekende diens ontvang vanaf Elton Burger. Ek is heeltemal nuut met herlaai en al die ‘ins and outs’ van dit.
Ons het begin met lading ontwikkeling per telefoon, eindresultaat was 3 skote in een gat. Ek self wou meer leer en het besluit om daar te gaan kuier met die geweer en my broer neem syne saam. Nie eens n hele oggend geneem nie en daar skiet myne 0.14MOA en my broer sin ook daar naby. My geweer is baie nikkerig en maak nie saak watter of kailber, JY sort dit vinnig uit. Dit was die trip vanaf Welkom na Worcester toe uit en uit die moeite werd.
Weereens dankie vir al die raad, die duisende oproepe en smse heen en weer met jou kennis/diens voor en na die ladingontwikkeling. Al die tips het my ongelooflik baie tyd en geld gespaar. Of dit nou is met ladingontwikkeling, herlaai, jag, gewere, scopes, punte, kruit….enige iets, jy help elke liewe keer.
Geweer – FABARM IRIS
Kaliber – 270win
130gr Nosler ballistic tip en
130gr Hornady SST
Jou naam loop groot hier en beveel jou hoogs aan vir enige iemand besig met ladingontwikkeling.
Sien jou weer binnekort!!!